
Klaskamers
Diverse Leeromgewings
Hasie Klas
Ons Hasie Klas is vir 1-2 jariges. Die Hasie klas fokus op speel, met perseptuele ontwikkeling as wegspring punt. Ons peuters neem deel aan sensoriese spel, buitespel asook binnespel.
​
Hulle leer liedjies met bewegings en rympies waar lag en pret die fokus is.
Sosiale ontwikkeling met die maats in die klas is ook baie belangrik en word versterk deur boekies saam te lees, pas-legkaarte te ontdek en saam te speel.


Beertjie Klas
Ons Beertjie Klas is vir 2-3 jariges. Die Beertjie klas fokus op die Practica Program, waar perseptuele ontwikkeling die hoof doel is. Ons peuters neem deel in sensoriese spel, buitespel asook binnespel.
​
Liedjies met beweging word aan die peuters geleer asook versies en tema geselsies oor boeke en prente.
​
Buitespel sluit gewoonlik swaaie, die klimraam, trek-en-stoot aktwiteite asook ryspeelgoed in.
Tiertjie Klas
Ons Tiertjie klas is vir 3-4 jariges. Die Tiertjie klas maak ook gebruik van die Practica program. Ons fokus op Taalontwikkeling deur middel van prente, boeke en uitstallings. Ons kleuters leer ook meer van die Bybel deur middel van musiek, versies en liedjies. Sensoriese spel en ontdekking word ook toegepas asook skeppende aktiwiteite soos kuns.


Leeutjie Klas
Ons Leeutjie klas is vir 4-5 jariges. Ons opvoedkundige apparate by die Leeutjie klas sluit legkaarte, penborde ens. in. Tema bespreking sluit deelname van die kleuters in en fokus ook op taalontwikkeling. Kleuters neem ook deel in beide vryespel en gerigte spel. Sensoriese spel word ook toegepas met die fokus op ontdekking soos bv. wetenskap.


