top of page

Programme 

Kreatiwiteit & Leer

Kreatiwiteit 

Aktiwiteite vir gerigte en vrye tyd is van toepassing ter bevordering van kretatiewe en skeppende vermoëns. 

Musiek 

Daar is geleenthede vir sosiale en emosionele ontwikkeling deur musiek aanbiedings. Bybelstories, algemene stories en musiek dra grootliks by tot die kind se "gevoelswêreld."

Higiëne 

Daar is aktiwiteite in plek wat aangewend word tot die kind se fisiese versorging wat dan stelselmatig lei tot selfstandigheid deur middel van toiletgebruik, handewas, verversings en etes. 

Taal  & Intellektuele Ontwikkeling

Ons maak daagliks voorsiening vir voldoende speel-en leer aktiwiteite ter bevordering van die kind se taalvermoëns, deur middel van stories, liedjies,versies en baie geselsies. 

Perseptuele Ontwikkeling

Aktiwiteite vir die manipulering en ontdekking van opvoedkundige speel- en leer apparte soos legkaarte, boublokke en penborde word gebruik om vroeë lees, skryf en wiskundige ervarings te bekom. 

Buitespel 

Daar is voldoende aktwiteite in plek wat bydrae tot die fisiese ontwikkeling deur middel van beweging en buitespel. 

© 2020 by Kleuterland Speelgroep. Trots gemaak deur Wix.com

Seal 1@2x.png
  • Facebook
  • Instagram
bottom of page