
Ontmoet die Kleuterland span
Toegewyd & Gekwalifiseerd

Estelle de Lange
Mede eienaar en Hoof van Kleuterland
Estelle was die trotse stigter en eerste eienaar van Kabouterland en Kingdom Kidz, beide kleuterskole in Nelspruit. Sy het meer as 30 jaar se ervaring in vroeë kinderontwikkeling.

Anushca Janse van Rensburg
Mede eienaar en onderwyseres
Anushca het 10 jaar Grondslagfase ondervinding. Sy is vreeslik lief vir kinders en het 'n passie vir die ontwikkeling van 'n kind op sosiale, emosionele en intelektuele vlak.

Onderwyseres
Lynette Pretorius
Lynette is baie passievol as dit kom by vroeë kinderontwikkeling. Sy het ook 30 jaar se ervaring, waarvan sy al 18 jaar saam Estelle 'n pad stap in onderwys.

Althea De Wet
Onderwyseres
Althea was 'n assistent by Juffrou Estelle en het al voorheen werkservaring opgedoen by Kiddo's.
Sy is tans 'n klasonderwyseres waar sy haar liefde en passie vir die kinders verder kan uitleef.

Mary Fakude
Kleuterland se Kok
Mary stap ook al 'n lang pad saam Estelle en maak elke dag smul lekker kos vir ons kleuters. Mary help ook graag waar nodig in terme van skoonmaak en het ook al ervaring opgedoen as dit kom by klein kindertjies.

Sam Fakude
Algemene terrein- en nutsman
Sam is baie lief vir die tuin en ons is baie bevoorreg om met sy handewerk te spog. Sam het vir Estelle 12 jaar by Kingdom Kidz gewerk.