
Meer oor ons
U kind is in goeie hande

Wie is ons?
Kleuterland is 'n baie klein en intieme Afrikaanse, Christelike speelgroep met die fokus op individuele aandag, liefde en sorg. So ook is Kleuterland die slotverhaal van kleuterskole stig en bestuur oor 30 goue jare heen.
As gekwalifiseerde onderwyseres het Kabouterland in Steiltes asook Kingdom Kidz in West Acres, al my liefde en aandag geniet oor jare heen en nou ook Kleuterland.
Dis die grootste voorreg om my passie en liefde vir hierdie bedryf se klein mensies op 'n klein skaal voort te sit, en om te vergeet van aftrede!
Leer deur speel
By Kleuterland bied ons 'n wye verskeidenheid van speel- en leerervarings in beide binne- en buite spel areas met die doel van leer en ontdek.
Ruim areas en baie konkrete aktiwiteite wat afgewissel word bied 'n wye spektrum van voorskoolse ontwikkeling op alle areas van ontwikkeling.
​
Ons volg ook 'n holistiese benadering ten opsigte van die aanbieding van ons dagprogram.
​
Die kind se totale ontwikkelingsbehoeftes word in ag geneem en voorsiening hiervoor word gemaak in die beplanning van ons onderskeie ouderdomme en programme.
